Australiese nasionale krieketspan

Australië
Kenteken van die Australiese nasionale krieketspan
KonferensieKrieket Australië
Personeel
ToetskapteinPat Cummins
EDI-kapteinSteve Smith
T20I-kapteinMitchell Marsh
AfrigterVlag van Australië Andrew McDonald
Geskiedenis
Toetsstatus verkry1877
Internasionale Krieketraad
IKR-statusVolle lid (1909)
IKR-streekOos-Asië-Pasifiek
IKR-ranglys Tans[3] Beste rang tot dusver
Toetsrang1ste1ste (1 Januarie 1952)
EDI2de1ste (1 Januarie 1990)[1]
T20I2de1ste (1 Mei 2020)[2]
Toetse
Eerste toetst Vlag van Engeland Engeland op Melbourne-krieketveld, Melbourne; 15–19 Maart 1877
Laaste toetst Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland op Hagley-ovaal, Christchurch; 8–11 Maart 2024
Toetse Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[4]866414/232 (47,80%)
(2 gelykop, 218 onbeslis)
Vanjaar[5]54/1 (0 gelykop, 0 onbeslis)
Wêreldtoets-
kampioenskappe
2/2 (eerste in 2019–2021)
Beste uitslagKampioen (in 2021–2023)
Internasionale eendagwedstryde
Eerste EDIt Vlag van Engeland Engeland op Melbourne-krieketveld, Melbourne; 5 Januarie 1971
Laaste EDIt Vlag van Wes-Indië Wes-Indië op Manuka-ovaal, Canberra; 6 Februarie 2024
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[6]1000609/348 (60,90%)
(9 gelykop, 34 onbeslis)
Vanjaar[7]33/0
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Krieketwêreldbeker-verskynings13/13 (eerste in 1975)
Beste uitslagKampioen (in 1987, 1999, 2003, 2007, 2015 en 2023)
Kampioenetrofee-verskynings8/8 (eerste in 1998)
Beste uitslagKampioen (in 2006 en 2009)
Twintig20s
Eerste T20It Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland op Edenpark, Auckland; 17 Februarie 2005
Laaste T20It Vlag van Indië Indië op Daren Sammy-krieketveld, Gros Islet; 24 Junie 2024
T20Is Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[8]195105/83 (53,84%)
(3 gelykop, 4 onbeslis)
Vanjaar[9]1310/3
(0 gelykop, 0 onbeslis)
T20I-wêreldbeker-verskynings9/9 (eerste in 2007)
Beste uitslagKampioen (in 2021)
Toetsklere
EDI-klere
T20I-klere

Die Australiese nasionale krieketspan (Engels: Australia national cricket team) is die nasionale krieketspan wat Australië in toets- en kitskrieket verteenwoordig. Dit word beheer en geadministreer deur Krieket Australië (CA, van Engels: Cricket Australia) en is ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) met toets-, EDI- en T20I-status. Dit is die gesamentlike oudste span in toetskrieket, wat hul eerste toets reeds in 1877 teen Engeland gespeel het.[10] Die span speel ook EDI- en T20I-krieket, hulle was deel van beide die eerste EDI, teen Engeland in die 1970/71-seisoen[11] en die eerste T20I, teen Nieu-Seeland in die 2004/05-seisoen,[12] en het ook albei wedstryde gewen. Die span trek sy spelers hoofsaaklik van die spanne wat in die Australiese binnelandse kompetisies speel – die Sheffield Shield, die Australiese tuis-eendagreeks en die Big Bash-liga. Australië is tans (Junie 2024) eerste op die IKR-toetsranglys, tweede op die eendagranglys en tweede op die Twintig20-wêreldranglys.[13][14][15]

Die Australiese krieketspan het al 866 toetswedstryde gespeel, 414 gewen, 232 verloor, 218 het onbeslis en twee gelykop geëindig.[16] Australië is die suksesvolste span in toetskrieket, volgens algehele oorwinnings, wen-nederlaag-verhouding en wenrekord. Op 11 Junie 2023 het Australië die Wêreldtoetskampioenskap 2021–2023 se eindstryd teen Indië gewen.

Die Australiese krieketspan het al 1000 EDI-wedstryde gespeel, 609 gewen, 348 verloor, nege het gelykop en 34 onbeslis geëindig.[17] Australië is die suksesvolste span in internasionale eendagwedstryde en hulle het tot dusver meer as 60% van hulle wedstryde gewen. Australië het agt keer in die eindstryd van die krieketwêreldbekertoernooi verskyn (in 1975, 1987, 1996, 1999, 2003, 2007, 2015 en 2023) en die eindstryd ses keer gewen: in 1987, 1999, 2003, 2007, 2015 en 2023; albei meer as enige ander span. Australië is ook die eerste span wat in vier agtereenvolgende eindstryde verskyn het (in 1996, 1999, 2003 en 2007), en hulle het sodoende die ou rekord van drie eindstrydverskynings van Wes-Indië (in 1975, 1979 en 1983) geëwenaar en is ook die eerste span wat drie agtereenvolgende krieketwêreldbekertoernooie gewen het (in 1999, 2003 en 2007). Die span was vir 34 wêreldbekerwedstryde onoorwonne, totdat Pakistan hulle op 19 Maart tydens die Krieketwêreldbeker 2011 se groepfase met vier paaltjies geklop het.[18] In 2015 het hulle die tweede span geword wat ’n krieketwêreldbekertoernooi tuis gewen het, ná Indië (in 2011). Australië het ook die IKR se Kampioenetrofee twee keer ingepalm (in 2006 en 2009), tot dusver die enigste span wat dit twee agtereenvolgende keer gewen het.

Die Australiese krieketspan het al 195 Twintig20-wedstryde gespeel, 105 gewen, 83 verloor, drie het gelykop en vier onbeslis geëindig.[19] Die span het die eindstryd van die IKR se T20I-wêreldbeker twee keer gehaal (in 2010 en 2021) en die eindstryd een keer gewen: in 2021 teen Nieu-Seeland.

Op 12 Januarie 2019 het Australië sy 1 000ste oorwinning in internasionale krieket behaal.[20] Hulle het Indië in die eerste EDI op die Sydney-krieketveld met 34 lopies gewen. 24 voormalige Australiese spelers is in die Internasionale Krieketraad se Heldesaal opgeneem.

  1. (en) "Australia hang on to No.1 ODI ranking". Krieket Australië. 5 Februarie 2017. Besoek op 25 Junie 2024.
  2. (en) "Australia advance to the top of men's Test and T20I rankings". Internasionale Krieketraad. 1 Mei 2020. Besoek op 25 Junie 2024.
  3. (en) "ICC Rankings". Internasionale Krieketraad.
  4. (en) "Test matches – Team records". ESPNcricinfo.
  5. (en) "Test matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  6. (en) "ODI matches – Team records". ESPNcricinfo.
  7. (en) "ODI matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  8. (en) "T20I matches – Team records". ESPNcricinfo.
  9. (en) "T20I matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  10. (en) "1st Test, Melbourne, Mar 15-19 1877, England tour of Australia". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Junie 2024.
  11. (en) "Only ODI, Melbourne, Jan 5 1971, England [Marylebone Cricket Club] tour of Australia". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Junie 2024.
  12. (en) "Only T20I (D/N), Auckland, Feb 17 2005, Australia tour of New Zealand". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Junie 2024.
  13. (en) "Men's Test Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 2 Mei 2024. Besoek op 25 Junie 2024.
  14. (en) "Men's ODI Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 2 Mei 2024. Besoek op 25 Junie 2024.
  15. (en) "Men's T20I Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 21 Junie 2024. Besoek op 25 Junie 2024.
  16. (en) "Records / Test matches / Team records / Results summary". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Junie 2024.
  17. (en) "Records / One-Day Internationals / Team records / Results summary". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Junie 2024.
  18. (en) "World Cup day 29 as it happened". BBC. 19 Maart 2011. Besoek op 25 Junie 2024.
  19. (en) "Records / Twenty20 Internationals / Team records / Results summary". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Junie 2024.
  20. (en) "Jhye Richardson sets up Australia's 1000th win". Internasionale Krieketraad. Besoek op 25 Junie 2024.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne